NDF-lede moet ophou wapens, ammunisie steel – Kapofi
Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi het soldate gewaarsku om op te hou om wapens en ammunisie te steel. Hy het aan plaaslike media bevestig dat ten minste een soldaat is verlede jaar gevang maar wou geen verdere besonderhede bekendmaak nie. Hy sê persone word gevang waar hulle Makarov-pistole steel en verkoop, sowel as AK-47-ammunisie wat gebruik word om renosters te stroop. Hy het ook die besteding in sy ministerie betreur. Hy het sy personeel toegespreek en sê die koste vir onderhoud en brandstof is eenvoudig te hoog. Hy het personeel gemaan om onnodige reistogte af te las, veral internasionale besoeke. Hy sê daar word ook met skryfbehoeftes gemors.