Meer as 13 miljoen Suid-Afrikaners doen aansoek vir toelae

President Cyril Ramaphosa het tydens sy 2023-staatsrede aangekondig het dat die Covid-noodtoelaag van 350 Suid-Afrikaanse rand steeds aan Suid Afrikaners verskaf sal word. Daar is oproepe uit sommige oorde dat die regering meer moet doen om werksgeleenthede vir veral jongmense te skep om hul onafhanklikheid van die tipe toelae te verminder. Ramaphosa het aangedui dat ‘n geskatte 7,8 miljoen mense tans die maandelikse toelaag ontvang, terwyl die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteits-Agentskap onlangs aan die parlement bekend gemaak het dat daar in Januarie meer as 13 miljoen mense vir die toelaag aansoek gedoen het. Kosmos 94.1 Nuu se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…