Man dood op B1 na ongeluk met vragmotor
‘n 43-jarige man is op slag dood op die B1-roete tussen Otjiwarongo en Okahandja. Volgens die polisie het die bestuurder van die bakkie beheer oor die motor verloor en in die aankomende verkeer teen ‘n vragmotor gebots. Inspekteur Maureen Mbeha, woordvoerder van die Otjozondjupa-polisie, is die oorledene nog nie geïdentifiseer nie. Die voorval het laat Woensdagnamiddag plaasgevind, ongeveer 80 kilometer van Otjiwarongo na Okahandja. ’n 45-jarige vroulike passasier in die bakkie het ernstige beserings opgedoen en is in ’n kritieke toestand in die Okahandja-staatshospitaal opgeneem. Die 30-jarige vragmotorbestuurder is ongedeerd.