Lufthansa verwag om vandag vlugte te hervat

’n Onderbreking in sy inligtingtelekommunikasie-stelsel het Lufthansa genoodsaak om meer as 200 vlugte te kanselleer, en dit net op Frankfurt in Duitsland. Terwyl die Eurowingsvlug na Windhoek Woensdagaand aanlyn as vertraag getoon het, is dit vanoggend weer beskikbaar. Lufthansa het later gesê al sy stelsels is weer aanlyn en dat hy verwag dat Frankfurt-vlugte vandag na normaal sal terugkeer.