Kragkrisis: Sluit ooreenkoms met Rosatom, sê EFFFebruary 16, 2023

Die EFF wil hê Suid-Afrika moet ’n ooreenkoms met die Russiese staatskernenergiemaatskappy, Rosatom, sluit om die voortslepende energiekrisis op te los.  Die energiekrisis was gister die grootste punt by die debat. Die EFF se Floyd Shivambu sê hulle is positief oor Karpowership en ander drywende kragvoorsieningseenhede van China en Rusland om krag aan die land te verskaf.