Kabinet keur N$72 miljoen vir vloedhulp goed

Die kabinet het 72 miljoen Namibiese dollar vir die vloede in die noorde van Namibië in die streke van Ohangewena, Oshana en Omusati goedgekeur. Dit sluit in tente, voedsel, muskietnette, bote, reddingsbaadjies, sanitêre geriewe, drinkwater en komberse en matrasse in. Voedselhulp vir geraakte gemeenskappe is vir sestien maande tot die volgende oeste goedgekeur. Die kantoor van die eerste minister se direktoraat van ramprisiko-bestuur monitor die impak van die vloede en is in beheer van die koördinering. Die kabinet het ook die onderwysministerie beveel om met voorstelle vorendag te kom hoe onderrig by skole kan voortduur.