Jeugraad doen verslag oor sy programme

Die hoof van Nasionale Jeugraad, Sharonice Busch sê hulle strategiese plan is gefinaliseer. Sy sê deur middel van die plan wil die raad baie graag klem lê op operasionele uitnemendheid, en versterking van stelsels en prosesse. Sy het melding gemaak van, van die programme, soos die tuinbouprogram wat in 2020 gestig is, waar kweekhuise in al 14 streke opgerig is wat deur hul landboubesigheidsinisiatiewe meer as 84 jong Namibiërs bevoordeel en bemagtig het. Die projek se koste word op 3,6 miljoen Namibiese dollar beraam. Sy voeg by dat ‘n totaal van 205 besighede, organisasies en individue in jeugbesit baat gevind het deur raad se ontwikkelingsprogram wat in 2014 gestig is om projekte in jeugbesit te ondersteun. Daar was ook intervensies vir jeugdiges met gestremdhede en die van gemarginaliseerde gemeenskappe en in Mei sal ‘n nasionale konferensie vir gemarginaliseerde jeuggemeenskappe plaasvind.