Israel keur omstrede wetgewing goed oor burgerskap van Arabiere

Israel se parlement het met ʼn groot meerderheid ‘n wet goedgekeur om Arabiere van hul Israeliese burgerskap of verblyf te ontneem indien hulle skuldig bevind word in nasionalistiese aanvalle of geld aan gevangenes gee. Die wet is met 94 stemme teen tien deur die regse koalisie van premier Benjamin Netanyahu en baie opposisiepolitici goedgekeur. Dié nuwe wet gee owerhede die reg om mense van hul burgerskap of verblyf te stroop en hulle na óf die Wes-oewer óf Gasa-strook te deporteer.