Inligting van mikroskyfie-maatskappy gesteel

Die groot rekenaarskyfie-toerustingvervaardiger ASML sê ‘n voormalige werknemer in China het inligting oor sy tegnologie gesteel. Die Nederlandse firma sê dit het sedertdien die oortreding by owerhede in Nederland en die VSA aangemeld. ASML is een van die belangrikste ondernemings in die wêreldwye mikroskyfieverskaffingsketting. Dit maak masjiene wat die wêreld se mees gevorderde skyfies vervaardig.