Gauteng wil beurtkrag verminderFebruary 16, 2023
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê planne word beraam om City Power uit te brei. Lesufi het op die Gautengse Energie-ekspo gepraat en sê planne om die uitwerking van beurtkrag vir Gautengers te verminder sal volgende week uiteengesit word wanneer hy die provinsiale rede lewer. Lesufi sê die ekspo, wat deur die provinsiale regering aangebied word, sal maniere bespreek om te verseker daar is ‘n bestendige en volhoubare elektrisiteitsvoorsiening deur vennootskappe met relevante instansies om beurtkrag te beëindig.