Finansies waarsku oor nuwe slenterFebruary 16, 2023
Die Namibiese ministerie van finansies sê ‘n dokument, wat uiters eg voorkom en die rondes doen, is vals. Die dokument is blykbaar ‘n aansoekvorm vir ‘n toelaag vir SME’s in samewerking met die Globale Entrepreneurskapsforum en die Internasionale Monetêre Fonds. Die toelaag, wat nie belasbaar is nie, kan tot 7 miljoen Namibiese dollar beloop. Die enigste vereistes is dat jy moet bewys jy kan werk skep en dat jy, in ‘n sekere sektor, ‘n opkomende entrepreneur is.