Dienda gesels oor haar planne as nuwe PDM-hoofsweep
Alle politieke partye wat vier of meer lede in die parlement het, het ten minste een partysweep. Vipuakuje Miharukua is verwyder as die PDM se hoofsweep in die parlement. Hy word vervang deur Elma Dienda wat die adjunksweep van die party was. Die hoofsweep is ‘n politieke leier wie se taak dit is om die sweep-stelsel af te dwing, wat daarop gemik is om te verseker dat wetgewers wat lede van ‘n politieke party is, stem oor wetgewing soos die party-leierskap dit voorskryf. Kosmos 94.1 Nuus het met Dienda gepraat oor wat haar planne is in die nuwe pos.