DA: Geweld teen leerder-vervoer moet stop

Die DA in die Wes-Kaap het ‘n beroep op Santaco gedoen om die verregaande gedrag teenoor kinders en leerder-vervoer te beëindig. Die teregwysing volg nadat leerders toegang tot onderwys geweier is weens dreigemente van geweld en intimidasie teen hul bestuurders. Die taxivereniging in die provinsie het besluit om komende Woensdag met ‘n staking te begin. Die DA-lid, Ricardo Mackenzie, versoek die Leerder-vervoervereniging om enige voorvalle van geweld, afpersing of intimidasie by die polisie aan te meld.