Brent sal sekerlik, sou die voorspellings hou, hoog blyFebruary 16, 2023

Die prys van Brent ru-olie het weer vandag effe gestyg namate die hoop op ‘n sterk herstel van die vraag na brandstof in die top-olieverbruiker China. Die Internasionale Energie-agentskap sê die vraag na olie sal in 2023 met 2 miljoen vate per dag styg, tot ‘n rekord van 101,9 miljoen vate daagliks met China wat 900 000 van die vate sal gebruik. Intussen sal ongeveer 1 miljoen vate daagliks verdwyn in wêreldwye produksie na aanleiding van die Europese verbod op see-invoere en internasionale sanksies. Rusland beplan ook om vanaf 1 Maart sy produksie met 500 000 vate daagliks te sny. Dus word daar voorspel die prys sal redelik hoog bly. Brent verhandel op die oomblik teen 85 en 86 Amerikaanse dollar ‘n vat.