Zambezirivier in volle vloed
Die eerste vloedgolf het die Zambezirivier by Katima Mulilo bereik. Volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië het die watervlakke het oor een week met meer as twee meter gestyg. Die riviervlak het die vier meter-merk verbygesteek met sy vlak op 4,92 meter, wat beteken dat die water in die oostelike Zambezi-vloedvlaktes invloei. Die dienste sê vroeë vloedwaarskuwings en gereedheid word aangeraai vir die oostelike Zambezi-vloedvlaktes en daar is rede vir ‘n hoër vloedwaarskuwing in die Zambezi-streek. By Ruacana, vloei die Kunene-rivier teen 235,8 kubieke meter per sekonde.