Suid-Afrikaners verstaan nie klas nie

Die jongste Internasionale Maatskaplike Opname-program het bevind dat Suid-Afrikaners hulle heeltemal misgis met klasse-indrukke. Die studie het bevind dat wit mense, bruin mense en Indiërs hulself in hoër klasse plaas in vergelyking met swart mense wat hulself eintlik laer kategoriseer as wat hulle is. Volgens Johann Kirsten van die Universiteit van Johannesburg se Skool van Ekonomie, worstel Suid-Afrika steeds met ongelykheid en ‘n sukkelende middelklas. Hy sê daar is ‘n stryd tussen klas en status: