Solidariteit dien hofstukke teen ramptoestand in
Solidariteit het hofstukke ingedien om die ANC-regering se besluit om ‘n nasionale ramptoestand af te kondig om die elektrisiteitskrisis te hanteer, uit te daag. Die saak sal op die 14de van volgende maand in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. Die vakbond wil hê die hof moet die besluit onwettig en irrasioneel verklaar. Morné Malan van Solidariteit sê ‘n ramptoestand is ‘n buitengewone toestand wat teenstrydig is met normale demokrasie. Hy sê die regering is self die oorsaak van hierdie elektrisiteitskrisis: