PGA-toer: Tiger sê die slaan van die balle is nie die probleem nie
Tiger Woods sê hy is gereed vir die PGA-toernooi in Los Angeles wat môre begin. Daarmee keer hy terug na mededingende gholf, ná ‘n afwesigheid van sewe maande terwyl hy herstel het van beserings wat hy in 2021 in ‘n motorongeluk opgedoen het. Die voormalige wêreld nommer een-speler, wat die afgelope twee jaar min gesien is na die ongeluk waarin hy ernstige beenbeserings opgedoen het, was laas in Julie in die Britse Ope in aksie. Hy sê hy kan gholfballe slaan maar, dit is die uithouvermoë van sy been.