Omstrede aktivis wéér in hegtenis geneem in hoofstad

Die omstrede aktivis Michael Amushelelo se Windhoekse prokureur Kadhila Amoomo het bevestig dat sy kliënt vanmiddag omstreeks vier-uur in die hoofstad in hegtenis geneem is. Amoomo sê die redes vir Amushelelo se arrestasie is nie verstrek nie, maar hy was betrokke by die betoging van meer as 500 sogenaamde skoonmakers by Stad Windhoek wat vandag vir die derde dag gestaak het. Hulle het chaos veroorsaak deur asdromme in strate in die middestad om te keer en die polisie was op die toneel om in te gryp.