Knopvelsiekte in Khomas-streek aangemeld

Volgens berigte is bevestigde gevalle van knopvel-siekte by Groot Aub en omgewing, 40 kilometer suid van Windhoek aangemeld. Die eerste gevalle is in Januarie opgespoor. ‘n Plaas by Groot Aub is vir 35 dae onder kwarantyn geplaas. Geen amptelike beweging van beeste word toegelaat nie. Nóg ‘n verdagte geval van knopvelsiekte is by ‘n plaas op die Daan Viljoen-pad vyf kilometer wes van Windhoek aangemeld waar dit ook in Oktober 2022 bevestig is.