Kaapse departement lieg oor besoedeling by die see

ActionSA se Wes-Kaapse provinsiale voorsitter, Michelle Wasserman, sê sy het geroei van Drieankerbaai tot by die uitloop van die Groenpunt-riooluitlaatpunt. Sy sê sy het eilande van drywende riool, insluitend sanitêre doekies, tampons en kondome gevind. Wasserman sê dit was hartverskeurend om die slymerige, bruin riool-eilande in die see te sien dryf, met talle seemeeue bokant die afval en ‘n rob wat digby speel. Sy sê wat sy gesien het weerlê die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing se stelling dat slegs behandelde riool en geen rou riool nie, in die see uitgelaat word: