Herskommeling van SA kabinet moet gou gebeur – VSA
Die Vereniging van Staatsamptenare het President Cyril Ramaphosa gevra om beslissend op te tree en die planne wat hy tydens sy staatsrede aangekondig het, vinnig in werking te stel. Die vereniging versoek Ramaphosa om die verwagte herskommeling van sy kabinet vinnig deur te voer en bevoegde ministers aan te stel – veral in sleutelportefeuljes soos die polisie, onderwys, vervoer, gesondheid, en die staatsdiens en administrasie. Die vereniging se woordvoerder, Reuben Maleka, sê die President se besluiteloosheid oor noodsaaklike kwessies is nadelig vir die land.