Geheime Israelse groep manipuleer verkiesings

‘n Nuwe ondersoek het ‘n geheime span Israelse kuberspesialiste ontbloot wat beweer hulle het meer as 30 verkiesings wêreldwyd gemanipuleer. Verslaggewers het in die geheim ‘n ondergrondse groep kuberspesialiste opgeneem terwyl hulle hul dienste uiteensit. Die dienste om kliënte se belange te bevorder, het ingesluit, veldtogte om verkeerde inligting te versprei, vals intelligensie, kuberkrakery en afpersing. Die groep wat homself Team Jorge noem, beweer, twee derdes van die presidentsverkiesings waar hulle ingemeng het was in Afrika, maar volgens  promosie-materiaal sluit dit ook lande in Europa, Latyns-Amerika, Suidoos-Asië en die Karibiese Eilande in.