Drie kinders vas vir veediefstal

Die polisie op Rundu sê drie minderjarige kinders, tussen die ouderdom van 12 en 16, is gearresteer vir veediefstal. Die drie is met twee bok-karkasse gevang. Die drie is nie in aanhouding nie en is in die sorg van hulle ouers gelaat terwyl die ondersoek voltooi word. Die kinders is by die regering se San Bravo-nedersetting met die vleis betrap.