Daar is hoop dat ramptoestand ‘n positiewe impak op die kragkrisis sal hê
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering sê die energiekrisis was op plaaslike regeringsvlak nog altyd ‘n ramp. President Cyril Ramaphosa het verlede week Donderdag ‘n nasionale ramptoestand afgekondig om die land se elektrisiteitskrisis te hanteer. ‘n Lid van die vereniging, Thamsanqa Ngubane, sê hy hoop die ramptoestand lewer positiewe resultate deur middel van gesentraliseerde beplanning, uitvoering en vinnige reaksie op uitdagings wat gemeenskappe in die gesig staar: