Almal in Zim is gelukkig oor Iran… opposisie ook

Zimbabwe se opposisieparty verwelkom Iran wat besig om sy samewerking met Zimbabwe in die landbousektor te versterk. Iran se minister van Landbou, Javad Sadatinejad, het in Teheran met sy Zimbabwiese eweknie, Anxious Jongwe Masuka, vergader om verskeie bilaterale landboubande te bespreek. Sadatinejad sê Iran is gereed om sy tegnologie oor boerdery-meganisasie, plaagdoders en kunsmis aan Zimbabwe te bied. Hy het ook bevestig dat Iran tot 1,7 miljard Namibiese dollar se ureum per jaar aan Zimbabwe kan ruil vir die invoer van suiker uit die Afrika-land. Tendai Biti van die Citizen’s Coalition for Change sê aan Kosmos 94.1 Nuus die transaksie moet deursigtig wees.