Aktivis sê Geingob se toespraak oor menseregte is kragtig
President Hage Geingob het tydens die amptelike opening van die parlement gesê Namibië is ‘n land waar regte en menswaardigheid gerespekteer word. Dit volg ‘n dag ná die Namibiese prokureur-generaal Festus Mbandeka volgens berigte ‘n beëdigde verklaring by die Windhoekse hoërhof ingedien het waarin hy aanvoer dat ‘n meerderheid van Namibiërs steeds homoseksualiteit verwerp en dat sodomie-wette op grond daarvan van krag moet bly. Maatskaplike aktivis Linda Baumann sê aan Kosmos 94.1 Nuus die President se verklaring oor regte van burgers is kragtig.