Agri SA verwelkom ramptoestand oor vloede

Agri SA, die buurland se grootste federasie van landbou-organisasies het die ramptoestand, wat na die hewige oorstromings in die Oos-Kaap, Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Vrystaat en Noordwes aangekondig is, verwelkom. Die organisasie sê die ramptoestand sal help om boere wie se plase en ander infrastruktuur deur die vloedwaters beskadig is, finansieel by te staan en vra ook dat hulpbronne so vinnig as moontlik na geraakte plase ontplooi word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…