Veediefstal duur steeds voort in Zambezi
President van die Nasionale Demokratiese Party, Martin Lukato het sy kommer uitgespreek oor die toename in veediefstal, veral in die westelike gebied van die Zambezi-streek. Hy sê vee is die hoofbron van bestaan vir inwoners van die streek. Hy stel voor dat die regering ’n weermagbasis by die grenslyn oprig sodat soldate of polisiebeamptes die gebied kan patrolleer om die probleem aan te spreek. Kommissaris Andreas Shilelo, Zambezi-streekbevelvoerder, het die toename in die voortdurende probleem bevestig en sê nege Zambiese en drie Namibiese burgers is verlede jaar vir veediefstal in hegtenis geneem. Hulle is steeds in polisie-aanhouding. Meer as 2 miljoen Namibiese dollar is verlede jaar in veediefstal in die streek verloor.