Uraanontginning: NLU-hoof sê Omaheke-goewerneur is ongingelig
Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws sê die Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate het nie ‘n benul van die impak op sy streek indien die waterbronne in die Stampriet-bekken vergiftig word nie. Gouws het gereageer ‘n beroep deur Nganate dat Namibiërs hulle vrese oor uraan-ontginning in die streek te laat gaan en Uranium One verwelkom. Nganate sê sou uraan-ontginning toegelaat word sal Leonardville heeltemal omskep word en daar is oor die algemeen baie voordele vir die hele streek. Gouws sê sy aanmerkings is ongegrond en oningelig.