Twee mans 198 uur na Turkse aardewing gered
‘n Sewentienjarige jong man met die naam van Muhammet en nog ‘n man is gered uit die puin van ‘n woonstelblok in die provinsie Kahramanmaras in Turkye, 198 uur na die verwoestende aardbewings verlede week. Die amptelike dodetal in Sirië en Turkye nader intussen die 40 000-kerf en sal na verwagting nog aansienlik styg.