So lyk Namibië se sjokolade-, roos-invoere…

En, dis Valentynsdag, ‘n dag wat tradisioneel herdenk word met rose en sjokolade. Terwyl Namibië ook top-sjokolade vervaardig, en rose aanplant, voldoen ons nie naby genoeg aan die vraag na die twee items nie – rose en sjokolade werk mos eintlik altyd, ongeag die datum, of hoe? Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dat in 2021 is 2,1 miljoen Namibiese dollar se rose ingevoer wat in 2022 gestyg het na 3,9 miljoen dollar. En vir sjokolade? Invoere in 2021 het 192 miljoen dollar beloop wat ook op is in 2022, na net minder as 232 miljoen dollar. Gelukkige Valentynsdag!