Nie-nakoming by Finansiële Intelligensie-sentrum kan Namibië in penarie laat beland
Plaaslike berigte lui dat die Finansiële Intelligensiesentrum skarrel om beleid teen geldwassery na te kom, sowel as maatreëls daar te tel om terrorisme te bekamp, voor hy op ‘n grys lys geplaas word. Dit kom na ‘n verslag van die teen-geldwassery groep in Suidelike- en Oos-Afrika wat meen die sentrum is nie in lyn met die beste praktyke nie. Sou die sentrum nie die vereistes nakom nie, kan hy op die grys lys deur die Finansiële Aksie Taakmag geplaas word wat op sy beurt, ‘n groot impak op Namibië se finansiële stelsel kan hê. Daar kan ook ‘n direkte impak op vertroue wees wat buitelandse beleggings kan beïnvloed. Die verslag het bevind dat Namibië 29 van die bepalings glad nie nakom nie met verskeie ander waaraan werk gedoen moet word.