Meer Suid-Afrikaners soek na groener weivelde oorsee

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê ‘n geskatte 6 000 Suid- Afrikaners het in die afgelope finansiële jaar sedert die begin van 2022, die land vir groener weivelde verlaat. Daar was ook oor die afgelope 12 maande, ‘n drastiese styging van tot soveel as 50 persent in die getal ekonomies-aktiewe volwassenes wat navraag doen oor hoe om na ander lande te emigreer. Navorsing toon egter ook dat dit nie net gekwalifiseerde, ervare mense is wat nou na oorsese lande wil verhuis nie. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, het meer…