Ekonoom verwag 25 basispunte by môre se rentekoers-aankondiging

Die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee sal die monetêre beleidsbesluit môre bekend maak. Verlede jaar in November het die Monetêre Beleidskomitee besluit om die repokoers met 50 basispunte tot 6,75 persent te verhoog. Die plaaslike repokoers is tans 50 basispunte laer as Suid-Afrika s’n, wat moontlik uitdagings kan inhou omdat die twee geldeenhede gekoppel is. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat oor wat sy voorspelling is.