Voertuigverkope vertoon goed vir JanuarieFebruary 13, 2023

Die jongste voertuigverkoopsyfers, vir Januarie vanjaar vertoon goed. Simonis Storm sê dit was die beste Januarie sedert 2019, met 798 eenhede wat verkoop is. Die syfer vertoon swakker teenoor die syfers aan die einde van verlede jaar, 16,2 persent minder op ‘n maandgrondslag maar, Januarie is tradisioneel nie ‘n goeie maand vir voertuigverkope nie. Plaaslik het die invoer van kommersiële voertuie geleidelik verbeter vanaf pandemie-laagtepunte, maar die invoer van passasiersvoertuie bly steeds taamlik traag. Die firma sê dit is moeilik om te sê hoe voertuigverkope in 2023 sal ontwikkel as gevolg van verskeie uitdagings, wat oor voorsieningskettings insluit.