Vierde vlieënde voorwerp in VSA afgeskiet
Die Amerikaanse weermag het in opdrag van President Joe Biden ‘n vierde ongeïdentifiseerde vlieënde voorwerp afgeskiet. Hierdie een was oor die Huron-meer naby die grens met Kanada. ‘n F16-vegvliegtuig het die voorwerp beskryf as ‘n agthoekige struktuur met toue aan. Dit volg nadat die weermag die verdediging van Noord-Amerika se lugruim verskerp het sedert ‘n verdagte Chinese spioenasieballon op die vierde van die maand opgemerk is. Sedertdien het Amerikaanse vegvliegtuie drie ander voorwerpe hoog in die lugruim afgeskiet.