Vier vermeende stropers van blouwildebees borgtog geweier
Die vier Namibiese mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n blouwildebees by die Daan Viljoen-wildreservaat gestroop het, is borgtog in die Windhoekse landdroshof in Katutura geweier en bly in aanhouding. Die assistent-veldwagter in die omgewingsministerie, Jan Otto Uirab, Harold Xarageb, Franklin Gaeb, en Dorian Neels Veldskoendraer het voor landdros Atutala Shikalepo verskyn wat die saak tot 16 Mei uitgestel het vir verdere ondersoek en vir die beskuldigdes om regshulp te kry. Die vier is verlede week met die karkas van die bedreigde blouwildebees agterin Xarageb se sedanvoertuig by ‘n polisie-padblokkade op die Daan Viljoen-pad in hegtenis geneem. Sy punt-22-jaggeweer is ook gekonfiskeer.