Steel en slag van perde rondom die hoofstad neem toe

Daar is groot kommer uitgespreek oor die toenemende stropery van perde in en om die hoofstad. Die probleem is onlangs naby Seeis aangemeld maar het daarna stil geraak. Volgens die jongste berigte is die derde perd by ‘n eienaar op die Kupferbergpad gesteel en op die grondpad geslag. Daar was ook onlangs berigte van dieselfde misdaad op Brakwater. Owerhede sê die tipe misdaad is veral traumaties omdat perde soos troeteldiere in ‘n familie is. Die diere word gesteel en geslag vir hul vleis en die diefstal is redelik georganiseerd omdat voertuie betrokke is. In Sondag se geval is die perd se oorskot op die grondpad gelos waar hy geslag is.