Sekuriteitsvakbonde in SA beplan om te staak
Die Vereniging van Privaat Sekuriteitseienaars van Suid-Afrika sê hy neem kennis van die beplande staking van sekere vakbonde môre in Gauteng. Dis om aantygings oor werkgewers wat in gebreke bly om mediese voordele aan werknemers te betaal, aan te spreek. Die vakbonde Numsa en Satawu het privaat sekuriteitsmaatskappye daarvan beskuldig dat hulle werknemers uit hul mediese versekeringsvoordele bedrieg. ‘n Lid van die vereniging, Sindiswa Changuion, sê hulle ondersteun die versoek vir ‘n ondersoek deur die Raad op Mediese Skemas as werknemers nie hul regmatige mediese voordele ontvang nie: