Radio sal altyd ‘n gunsteling medium wees

Vandag word Wêreld Radiodag herdenk. Radio bly een van die gewildste mediums vir vermaak, nuus en saamkuier. Dis gratis en kan saam met jou gaan, waar ookal jy is. Die deurwinterde radiopersoonlikheid en stigter van Kosmos 94.1, Kolie van Coller, gesels oor hoekom radio altyd ‘n gunsteling kommunikasiemedium sal wees.