Oud-ombudsman sê sodomiewette is verouderd
Die Namibiese prokureur-generaal Festus Mbandeka het volgens berigte ‘n beëdigde verklaring by die Windhoekse hoërhof ingedien waarin hy aanvoer dat ‘n meerderheid van Namibiërs steeds homoseksualiteit verwerp en dat sodomie-wette op grond daarvan van krag moet bly. Voormalige ombudsman advokaat John Walters sê aan Kosmos 94.1 Nuus, hy weet nie waar die prokureur-generaal sy inligting vandaan kry nie en dat dit ‘n koloniale wet is wat verouderd is.