Ombudsman sê waarom kwessie oor onwettige heinings lank sloer

Die Namibiese ombudsman het gereageer op die landbouministerie wat onwettige heinings by Tsumkwe verwyder het nadat San-gemeenskappe vir jare ‘n hofstryd oor die kwessie gevoer het. Van die 137 onwettige heinings wat geïdentifiseer is, is tot op hede 57 onwettige heinings verwyder. ‘n Bedrag van 349 407 Namibiese dollar is bestee om onwettige heinings van 158 kilometer in die omgewing van Tsumkwe te verwyder. Die ministerie, in oorleg met Otjozondjupa Kommunale Grondraad en die ministerie van justisie, werk steeds aan die verwydering van die oorblywende 42 onwettige heinings in dié gebied. Altesaam 34 mense is aangesê om hul onwettige heinings op hul eie koste te verwyder. Ombudsman Basilius Dyakuha sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom hierdie kwessie so lank sloer.