Möller moordverhoor hervat vandag in hof
Die moordverhoor van die vyf verdagtes in die moord van die Walvisbaaise sakeman Hans-Jorg Möller hervat vandag in die hoërhof voor regter Dinnah Usiku. Die vyf, Panduleni Gottlieb, David Tashiya, David Shekudja, Elly Hinaivali en Malakia Shiweda is sedert hulle arrestasie steeds agter tralies. Möller is op 18 Junie 2016 in intensiewe sorg op Walvisbaai dood na hy geskiet is tydens ‘n rooftog by sy huis. Dit was uiters gewelddadig en Möller se vrou Carol-Ann is ook aangerand. Volgens getuienis wat in Oktober verlede jaar in die hof gelewer is, is die rooftog inderhaas beplan. Tashiya het aan die hof gesê dat Gottlieb hom gekontak het oor ‘n huis aan die kus wat ‘n kluis met 4 miljoen Namibiese dollar in, maar dat die vier mans sal vat om te dra. Möller se dood het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur en die saak het groot opslae gemaak.