Geestesgesondheid moet aandag kry in Turkye, Sirië
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n versoek gerig vir 770,74 miljard Namibiese dollar om hulle te help om Sirië en Turkye te ondersteun. Die sterftesyfer ná verlede Maandag se twee verwoestende aardbewings in die twee lande, staan tans op meer as 33 000. Die WGO het tot dusver 110 ton mediese voorraad versprei in gebiede in die Siriese Arabiese Republiek wat geraak word. Die direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê nog fondse is nodig. Hy voeg by dat vlakke van angs en spanning baie hoog is en geestesgesondheid moet aandag kry.