Gabrielle veroorsaak chaos in Nieu-Seeland
Sowat 46 000 huise in die noorde van Nieu-Seeland het onder kragonderbrekings gebuk gegaan toe sikloon Gabrielle die eiland getref het. Owerhede het waarskuwings van swaar reën en wind uitgereik, en honderde vlugte is gekanselleer. Sommige gebiede het ‘n noodtoestand afgekondig, aangesien Gabrielle naby die Noord-eiland is. Dit kom weke nadat Auckland en omliggende gebiede deur rekordreënval getref is wat vloede veroorsaak het en vier mense dood is.