Engeland moet nou voortbou op hulle vertoning
Engeland se afrigter Steve Borthwick sê hulle oorwinning teen Italië in die Sesnasiesbeker op Twickenham is ‘n prestasie om op voort te bou. Drieë deur Jack Willis, Jamie George, Ollie Chessum en Henry Arundell het aan Engeland ‘n oorwinning van 31-14 besorg wat ook Borthwick se eerste oorwinning is sedert hy as hoofafrigter oorgeneem het. Ná die oorwinning is Engeland nou derde op die punteleer en bo die verdedigende kampioene van Frankryk. Borthwick sê daar is ‘n paar verbeteringe wat hulle moet aanbring voor die kragmeting teen Wallis: