Beurtkrag: Fases drie en vier tot verdere kennisgewing
Eskom het bevestig dat fase drie-beurtkrag steeds daagliks van vyfuur soggens tot vieruur in die middag ingestel sal word, terwyl fase vier tot verdere kennisgewing van vier namiddag tot vyfuur die volgende oggend van krag sal wees. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die afgelope 24-uur het twee opwekkingseenhede by Arnot en een by Kendal in Mpumalanga onklaar geraak en vir herstelwerk van lyn geneem. Hy sê die inwerkingneming van ‘n opwekkingseenheid elk by die Lethabo-kragstasie in die Vrystaat en Hendrina in Mpumalanga is vertraag: