WGO spreek sy kommer uit oor rekord cholera-gevalle in Januarie
Die Afrika-streek van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die vasteland beleef ‘n eksponensiële styging in cholera-gevalle, te midde van ‘n wêreldwye toename. Net in die eerste maand van 2023, het gevalle in Afrika met meer as 30 persent toegeneem tot meer as wat verlede jaar in totaal aangemeld is. ‘n Beraamde 26 000 gevalle en 660 sterftes is verlede maaand in tien lande aangeteken. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Patrick Otim, sê verlede jaar is byna 80 000 gevalle en 1 863 sterftes in 15 lande aangemeld: