Rambestuurspanne gereed regoor SA na swaar reën

Die Suid-Afrikaanse minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini Zuma, sê rampbestuurspanne is in baie dele van die buurland ontplooi en op bystand geplaas. Voortdurende swaar reën het reeds uitgebreide skade aangerig, met voertuie wat meegesleur is, huiseienaars wat op hulle dakke vasgekeer is en huise en skuilings wat erg beskadig is. Dlamini Zuma sê die Nasionale Rampbestuur-sentrum is in verbinding met provinsiale en plaaslike rampbestuurspanne terwyl reën steeds uitsak. Sy sê die rampspanne hou steeds die toestand dop en verleen steun.